Ramaphosa sê ‘n presidentskap word gebou wat transformasie kan dryf
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 3
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sê hulle kan met vertroue beweer dat hulle ‘n presidentskap bou wat in staat is om transformasie regdeur die samelewing te dryf.
Ramaphosa het gereageer op die presidentskap se begrotingsstemming-debat. Hy sê die oorheersende prioriteit is om ‘n beter toekoms vir alle Suid-Afrikaners te bou.
Ramaphosa het bygevoeg dat pogings aan die gang is om die presidentskap se hulpbronne, vermoë en strategiese koördineringsrol te versterk.
Hy sê dit sal die regering se vermoë verbeter om nasionale prioriteite te lei en sleutelverbintenisse na te kom.
LUISTER HIER:
President Cyril Ramaphosa








Comments