Ramaphosa sê RNE stabiel ondanks DA teenkanting
- Armando Pieters

- May 27
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sê die Regering van Nasionale Eenheid bly stabiel, selfs al het die DA besluit om nie grondonteiening sonder vergoeding te steun nie. Volgens SABC News het hy Maandag aan die kantlyn van die Simposium oor Volhoubare Infrastruktuurontwikkeling in Kaapstad gepraat. Ramaphosa meen openbare gesprekke oor die kwessie help om groter begrip te kweek en dat dit in lyn is met artikel 25 van die Grondwet. Hy sê grondonteiening is nie ongewoon nie en word wêreldwyd toegepas. Hy beklemtoon dat die proses grondwetlik is en nie ’n bedreiging vir die eenheidsregering inhou nie.





Comments