Ramaphosa sê Suid-Afrika is verbind tot 'n oplossing waar Israel en Palestina vreedsaam kan bestaan
- Armando Pieters

- Sep 23
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is tot 'n twee-staat-oplossing verbind waar Palestina en Israel vreedsaam langs mekaar kan bestaan.
Hy sê die weiering jare gelede om nie Palestina as ’n staat te erken nie, het daartoe bygedra dat die land in ’n dekades lange wildernis van staatloosheid vasgevang was deur eers besetting en nou volksmoord.
Netwerk24 berig Ramaphosa was Maandag een van die sprekers by die Verenigde Nasies (VN) in New York tydens ’n twee-staat-oplossing-vergadering vir Palestina en Israel. Volgens hom hang die lewensvatbaarheid van ’n twee-staat-oplossing af van volle en universele respek vir internasionale reg.
Ramaphosa sê voorwaardes vir ’n twee-staat-oplossing behels onder andere wêreldwye erkenning van Palestina en sy soewereiniteit en territoriale integriteit, 'n onmiddellike wapenstiltand, ’n einde aan die volksmoord, en die vrylating van gyselaars deur Hamas en politieke gevangenes deur Israel.





Comments