top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa sê verpleegpersoneel is belangrik

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 25, 2025
1 min read

President Cyril Ramaphosa sê verpleegpersoneel het ‘n belangrike rol om te speel in die bou van ‘n bekwame staat. Die president het Dinsdag die eerste dag van die verpleegvakbond Denosa se negende nasionale kongres in Birchwood in Gauteng toegespreek. Volgens Ramaphosa is verpleegkundiges deel van die hardwerkende, toegewyde kern van staatsamptenare wat die land van dag-tot-dag aan die gang hou. Hy voeg by dat Suid-Afrikaanse verpleegkundiges in groot getalle deur ander lande gewerf word.

 
 
 

Comments


bottom of page