Regeringsamptenare gebruik vermoedelik KI vir 'n konsepbeleid – oor KI
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 26
- 1 min read
’n Ondersoek is begin nadat dit aan die lig gekom het dat vals, opgemaakte navorsing gebruik is vir die regering se nuwe konsepbeleid oor kunsmatige intelligensie. Dit word bespiegel dat die amptenare wat die beleid saamgestel het, dalk KI self ingespan het, en dat die opgemaakte verwysings ’n "KI-hallusinasie" is.
Rapport berig die minister van digitale tegnologie en kommunikasie, Solly Malatsi, het Saterdag hierdie ondersoek aangekondig nadat News24 ontbloot het dat minstens ses verwysings in die regering se KI-konsepbeleid fiktief of opgemaak is.
Volgens Malatsi kan amptenare wat verwysings in regeringsbeleid fabriseer, deur ernstige dissiplinêre stappe in die gesig gestaar word wat uiteindelik tot ’n skorsing of selfs ontslag kan lei.
Die departement het aan News24 gesê hulle “bevestig hierdie tegniese verwysingskwessies beïnvloed nie die inhoud, integriteit of beleidsrigting van die nasionale KI-konsepbeleidsraamwerk nie”.
Rosestad-nuus het vroeër berig die konsepbeleid is in die Staatskoerant vir openbare kommentaar gepubliseer. Die beleid is tot 10 Junie oop vir kommentaar.








Comments