top of page

Regsaksie teen die Bela-wet het begin

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jan 16
  • 1 min read

Die vakbond Solidariteit, die burgerregteorganisasie AfriForum en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum het met regsaksie teen die aankondiging van die Bela-wet begin. Volgens dié organisasies het president Cyril Ramaphosa irrasioneel en strydig met verskeie ooreenkomste én ʼn aanbeveling van die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, opgetree deur die Bela-wysigingswet in sy geheel aantekondig. Gwarube het aanbeveel dat die implementering van die taal- en toelatingsartikels in die wet weens die afwesigheid van toepaslike norme en standaarde uitgestel moes word. Die operasionele hoof van die Solidariteit Beweging, Werner Human, het dit duidelik gemaak dat hierdie twee klousules van die begin af ononderhandelbaar was. LUISTER HIER:

 
 
 

Comments


bottom of page