top of page

RUGBY: Junior Bokke trap Argentinië

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 15
  • 1 min read

Die Junior Bokke het hul plek in die o.20 Wêreldkampioenskap-eindstryd bespreek nadat hulle Argentinië uitgestof het met 48-24 in die LNER Stadion in Lincoln. Die Suid-Afrikaners het ses keer gaan druk terwyl die Los Pumitas self drie keer agter die doellyn ’n draai kon gaan maak het. Die Junior Bokke wat in 2012 laas diè titel gewen het sal Saterdag teen aartsvyand en ses-malige wenners Nieu-Seeland te staan kom wat Frankryk met 34-26 uitoorlê het in die ander halfeindstryd. Die wedstryd skop om 20:30 (SA Tyd) af in die Mario Battaglini Stadion in Rovigo.

 
 
 

Comments


bottom of page