RUGBY: Wedstryde in Nieu-Seeland tydelik gestaak ná skeidsregtermishandeling
- Armando Pieters

- Jun 26
- 1 min read
Die Horowhenua Kapiti Rugbyvoetbalunie (HRFKU) in Nieu-Seeland het alle rugbywedstryde vir ‘n week opgeskort na ‘n ontstellende toename in mishandeling teenoor wedstrydbeamptes. Die jongste voorval het verlede Saterdag plaasgevind waar ‘n skeidsregter aan ernstige verbale mishandeling en fisiese intimidasie onderwerp is tydens ‘n skoolwedstryd. Besorgde toeskouers het die betrokke skeidsregter na afloop van die wedstryd na sy voertuig vergesel om sy eie veiligheid te verseker het. Nieu-Seeland Rugby het ‘n kommerwekkende patroon van mishandeling uitgelig insluitend gewelddadige aanvalle en skorsings wat voortspruit uit aanrandings op skeidsregters. Die voorsitter van die unie John Cribb het diè voorval veroordeel en gesê dat hulle steeds toegewyd bly om saam met klubs, skole en die plaaslike rugby-gemeenskap te werk om te verseker dat die kantlyn-kultuur die ware gees van hierdiè wonderlike sport reflekteer.





Comments