top of page

Rusie oor ’n hond het ’n broer se lewe geëis

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 31
  • 1 min read

’n Beseerde hond is die oorsaak van beweerde rusie tussen twee broers, waarvan een noodlottig beseer is. Twee broers van die plaas Ha-Mafutha naby Warden het beweerdelik baklei omdat die een die ander se hond beseer het. Volgens ’n polisieverklaring het die bakleiery gewelddadig geraak, wat veroorsaak het dat albei na die streekshospitaal geneem is. Daar het die een broer, Lerole Pitso, aan sy beserings beswyk nadat hy glo met ’n skerp voorwerp gedurende hul rusie gesteek is. Sy broer, die verdagte, het handbeserings opgedoen. Die verdagte is aangekla van moord en verskyn na verwagting Dinsdag in die Warden-landdroshof.

 
 
 

Comments


bottom of page