Ruvasa se hoof sê hy het begrip vir die frustrasie van ‘n Vrystaatse boer
- Armando Pieters

- Jul 13
- 1 min read
’n Vrystaatse stoet- en kommersiële beesboer by Senekal het die staat se veeartsenydienste onder meer as “wanordelik en onderbeman” bestempel. Landbou.com berig sy frustrasie en die van ‘n boer in die Noordwes wat sukkel om staatsveeartse na hul kuddes op hul plase te kry is geldig, maar die werklikheid is meer verwikkeld as wat mens besef. So sê Dave Midgley die uitvoerende hoof van die Herkouerveterinêre vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa). Midgley verduidelik dat baie staatsveeartse groot gebiede moet bedien, dikwels met beperkte brandstof, kilometers en selfoonseine. In gebiede soos die Noordwes, waar uitbrekings van bek-en-klouseer buite die grense van bekende risikosones plaasvind, verkeer die staatsveeartse onder geweldige druk. Hy moedig boere aan om strategieë saam met staatsveeartse, private veeartse en selfs munisipaliteite te beplan om siektes uit hul distrikte te hou.





Comments