Rye by betaalstasies is iets van die verlede
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 minutes ago
- 1 min read
Die Bloemfonteinse winkelsentrum, Loch Logan Waterfront, het nou ‘n enig in sy soort in die Vrystaat parkeer-betaling-stelsel.
Die stelsel genaamd, Admyt, laat besoekers toe om hul voertuie se registrasienommer op ‘n toep te registreer.
Wanneer die voertuig se nommerplaat by die parkeerarea geskandeer word, word die geld direk van die besoeker se bankrekening verhaal.
Dit beteken volgens die direkteur van Federal Parking, Nico Koupis, dat besoekers nie meer kleingeld met hulle hoef saam te dra, of in rye by betaalstasies hoef te wag nie.
Hy sê aan Rosestad-nuus die besluit is geneem om besoekers se inkopie-ervaring nog meer te vergemaklik.






Comments