SA beoordeel by die Wêreldskaapskeerkampioenskap
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 24
- 1 min read
’n Landbou-opleidingsbeampte van die Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut verteenwoordig tans Suid-Afrika as beoordelaar by die 2026 Goue Skeerders Wêreldskaapskeer- en Wolhanteringskampioenskap in Nieu-Seeland.
Die kampioenskap, wat as die wêreld se mees gesogte skaapskeergeleentheid beskou word, bring van die beste skeerders en wolhanteerders van regoor die wêreld byeen.
Andries Pretorius en die Suid-Afrikaanse span het vooraf aan ’n weeklange oefensessie op ’n plaas deelgeneem om aan plaaslike toestande en verskillende skaaprasse gewoond te raak.
Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê dit is ’n groot eer dat ’n Suid-Afrikaner as ’n wêreldklas-kenner erken word.







Comments