SA 'bunny chow' verpletter 'n Guiness-wêreldrekord
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 24
- 1 min read
'n Restaurant in Centurion in Gauteng het die Guinness-wêreldrekord vir die langste "bunny chow" verpletter.
Good Things Guy berig Bhai’s Lounge het die indrukwekkende "bunny chow", met 'n lengte van 15,98 m, met 40 kg lamskerrie en 10 kg suikerbone gevul. Die rekordpoging het ook gebruik gemaak van ’n spesiaal-geboude oond van 17 m lank.
Die rekordpoging was onder die amptelike toesig van 'n verteenwoordiger van Guinness World Records, Mbali Nkosi. Streng riglyne moes nagekom word. Die "bunny chow" moes die vorige rekord van 15 meter oorskry en lank genoeg heeltemal op sy eie staan om gemeet te word.
Met die "bunny chow" wat byna ’n meter langer was as wat vereis is, het Bhai’s Lounge die titel ingepalm en geskiedenis gemaak.








Comments