top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'SA se finansiële stelsel bly veerkragtig ondanks ongunstige vooruitsigte'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 11
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê die land se finansiële stelsel bly veerkragtig ondanks ongunstige vooruitsigte en kwesbaarhede wat voortspruit uit die konflik in die Midde-Ooste.


SABC-nuus berig die sentrale bank sê Suid-Afrika se fiskale en monetêre beleidsbesluite het aan die begin van die jaar tekens van vordering getoon, maar die oorlog het die positiewe resultate omgekeer. Die Reserwebank sê 'n voortsetting van konflik sal lei tot verdere stygings in inflasie en rentekoerse.


Die bank het verlede maand rentekoerse met 25 basispunte verhoog. Dit was die eerste verhoging in drie jaar.


FOTO: Moneyweb
FOTO: Moneyweb

 
 
 

Comments


bottom of page