SA tiener maak opspraak in internasionale vermaaklikheidswêreld
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 2
- 1 min read
Die tiener aktrise, sanger en vervaardiger, Bella Alexandras van Suid-Afrika, het 'n groot indruk gemaak by die 64e Monte-Carlo Television Festival.
Dit, nadat haar verskyning by die Cannes Film Festival haar groeiende teenwoordigheid in die internasionale vermaakbedryf uitgelig het.
SA Good News berig sy het onlangs verskyn in The Infernal Machine saam met Guy Pearce en Alice Eve, en kykers sien uit na haar rol in I Hate Pirates op Amazon Prime Video.
Alexandras is ook 'n bekende gesig in die mode-industrie en het al werk gedoen vir DKNY en Karl Lagerfeld, asook op die loopplank by die Paris en London Fahion Weeks verskyn.





Comments