Sadag vra groter begrip vir bipolêre versteuring
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 31
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (Sadag) doen ’n beroep op groter openbare bewustheid oor bipolêre versteuring.
Die oproep val saam met Wêreldbipolêre Dag, wat fokus op die impak van die toestand op mense se lewens.
Die versteuring word gekenmerk deur uiterste buierigheid, met afwisselende maniese en depressiewe episodes.
Volgens Sadag bly stigma ’n groot uitdaging, wat mense se selfvertroue en algehele welstand kan beïnvloed.
Die organisasie sê beter begrip van die toestand is noodsaaklik om ondersteuning te verbeter en die risiko’s wat daarmee gepaardgaan, te verminder.








Comments