Saftu verwerp BAT-afleggings
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 16
- 1 min read
Die vakbond Saftu het planne deur British American Tobacco (BAT) Suid-Afrika om met afleggings voort te gaan, verwerp.
Die maatskappy voer aan dat die proses in die belang van werknemers se welstand en prosedurele billikheid is.
Saftu meen egter dié argumente is misleidend en verdoesel die maatskappy se werklike finansiële posisie.
Die vakbond verwerp ook die bewering dat onwettige handel die hoofrede vir die afleggings is, en sê regeringsingrypings is reeds aan die gang.
Saftu het die Ministerie van Handel, Nywerheid en Mededinging versoek om in te gryp en die afleggings te keer.








Comments