SAL-vlieëniers begin weer ‘n protesaksie

Mar 20, 2025
1 min read
Enkele maande nadat vlieëniers van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se staking tot grootskaalse vlug kansellasies gelei, het hulle weer met ‘n protesaksie begin. Volgens Maroela Media is die aksie weens hul ontevredenheid oor vergoeding. Die vlieëniers het Woensdag met ʼn werkvolgens-die-reëls-protesaksie begin waar hulle, in stede daarvan om te staak, doelbewus binne die streng perke van hul posbeskrywings en kontrakte werk. Wat beteken hulle weier om enige take uit te voer wat nie uitdruklik vereis word nie. Desember se salaris-staking is ‘n paar dae nadat ʼn ooreenkoms bereik is beëindig.







Comments