top of page

Salga sê Nersa se skikking met Eskom sal die lewenskoste vererger

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 1
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) sê die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se skikking van R54 miljard met Eskom sal die lewenskostekrisis in die land vererger. Nersa het onlangs erken dat hulle Eskom se inkomstetekort verkeerd bereken het. Volgens Salga beteken dit dat verbruikers R54 miljard meer sal moet betaal deur hoër elektrisiteitstariewe oor die volgende paar jaar. Salga sê die afwenteling van die koste van Eskom se wanbestuur aan verbruikers is nie die oplossing vir die semi-staatsinstelling se finansiële uitdagings nie, en voeg by, hulle sal hul betrokkenheid by Nersa, Eskom en die regering verskerp om druk uit te oefen vir oplossings wat billik is.

 
 
 

Comments


bottom of page