SAMWU wil hê die metro moet die implementering van die skofstelsel staak
- Armando Pieters

- Sep 22
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (SAMWU) in die Vrystaat het 'n beroep op die Mangaung Metro Munisipaliteit gedoen om die eensydige implementering van die skofstelsel te staak en formele konsultasie met die georganiseerde arbeid te voer. SABC News berig dit kom na die skorsing van meer as 30 werkers omdat hulle die implementering van die skofstelsel verontagsaam het. SAMWU het die saak teen die metro in die Arbeidshof namens meer as 280 van sy lede gewen. Die hof het metro beveel om die werkers se diensvoorwaardes te herstel soos dit voor 1 Augustus 2025 bestaan het. Intussen het die metro aansoek om verlof gedoen om teen die uitspraak te appelleer.





Comments