top of page

Sassa verskerp hul maatreëls

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 8
  • 1 min read

Updated: Feb 9

Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap, Sassa, sê hy verskerp maatreëls om homself en begunstigdes teen bedrog te beskerm.


Sowat 400 000 begunstigdes is vir hersiening in kennis gestel, met meer as 70 000 profiele wat reeds opgeskort is nadat hersienings misluk het.


Sassa sê ’n sekuriteitsbreuk in 2021 het Postbank se meesterkode vir die uitreiking van goudkaarte in ‘n slegte posisie geplaas, wat tot wydverspreide identiteitsdiefstal en bedrog in die Maatskaplike Verligting van Nood-stelsel gelei het.


Agt Sassa-werknemers was onder 12 mense wat verlede jaar in hegtenis geneem is vir beweerde bedrog van R260-miljoen.


Die agentskap waarsku dat streng teen oortreders opgetree sal word.


Ter illustrasie. FOTO: IOL
Ter illustrasie. FOTO: IOL

Comments


bottom of page