top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ses verskyn in die hof ná 'n panga-aanval

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 11
  • 1 min read

Ses verdagtes is in Harrismith in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die aanval op ‘n snoepwinkel-eienaar, gewapen met messe, pangas en ‘n tuinvurk.


Die eienaar het ernstige beserings opgedoen en moes na die hospitaal geneem word.


Die ses het in die Harrismith-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklagte van sakeroof.


‘n Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê die verdagtes het van die toneel gevlug met drank, klere en kruideniersware.


LUISTER:


Adjudant-offisier Mmako Mophiring

Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok




 
 
 

Comments


bottom of page