Sewe mense en twee maatskappye is aangekla ná brand wat talle lewens eis
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 10
- 1 min read
Owerhede in Hongkong het twee maatskappye en sewe mense aangekla in verband met 'n brand waarin 168 mense in November verlede jaar dood is.
Volgens die BBC staar hulle 25 aanklagte in die gesig, insluitend strafbare manslag, sameswering om te bedrieg, regsverydeling en belastingontduiking.
Die brand het by 'n groot woonkompleks uitgebreek wat destyds opgeknap is.
Die owerhede het nie die name van die betrokke maatskappye of individue bekend gemaak nie.
'n Projekkonsultasiefirma, 'n hoofkontrakteur en verskeie individue wat by die opknappingswerk betrokke was, tel onder die beskuldigdes.








Comments