top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Shell sê sy plaaslike bedrywighede is stabiel

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • May 31
  • 1 min read

Shell Suid-Afrika het die publiek verseker dat sy plaaslike bedrywighede stabiel is, ondanks veranderinge wat plaasvind.


Shell se voorsitter in Suid-Afrika, Aluwani Museisi, het verwys na onderbrekings in die wêreldwye voorsiening van brandstof, wat veroorsaak is deur die konflik in die Midde-Ooste, en die sluiting van die Straat van Hormuz.


SABC-nuus berig hy sê Shell is 'n netto invoerder en dus nie vrygestel van wêreldwye skokke nie. Die energiereus is na bewering in gevorderde gesprekke om sy Suid-Afrikaanse bates te verkoop - insluitend sowat 600 vulstasies. Die multimiljard randse ooreenkoms met die Abu Dhabi Nasionale Oliemaatskappy word op sowat 16-komma-4 miljard rand geraam.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page