Skoolvervoer in die Vrystaat hervat ná betalingskwessie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 14
- 1 min read
Skoolvervoer in die Vrystaat sal hervat nadat dienste opgeskort is weens nie-betaling. Dit volg na daar met bestuurders vergader is om die kwessie te bespreek.
Volgens inligting wat deur die Vrystaatse Departement van Onderwys gedeel is, is meer as 10 000 leerders geraak.
Bestuurders het aangedui dat dienste weer sal hervat, nadat daar ooreengekom is dat betalings later die week verwerk sal word.
’n Nuwe tarief is ook bespreek in reaksie op stygende brandstofkoste, en kontrakte is dienooreenkomstig aangepas.
Die gesprekke het ook gefokus op kwessies soos bedryfpermitte, roetes en oorlading.
Die departement het om verskoning gevra aan ouers en leerders, veral in landelike gebiede wat die meeste geraak is.








Comments