top of page

SOKKER: Banyana gereed vir Tanzanië in wedstryd nommer twee van WAFCON 2025

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 11
  • 1 min read

Banyana Banyana se hoofafrigter Desiree Ellis het gesê dat die span met niks minder as ’n oorwinning tevrede sal wees in hul tweede WAFCON-groepwedstryd teen Tanzanië in Marokko nie. Ellis het gewaarsku dat hul vorige ontmoetings met Tanzanië vir niks tel nie en gesê dat hulle moet fokus op die uitvoering van hul eie wedstrydplan sonder om punte af te staan. Diè  tweestryd skop vanaand om 21:00 in die Honor Stadion af. Banyana wat tans bo-aan Groep C is het hul eerste wedstryd Maandag teen Ghana met 2 – 0 gewen.

 
 
 

Comments


bottom of page