Spanning tussen ANC en DA duur voort
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 4, 2025
- 1 min read
Talle politieke kenners waarsku dat die DA nie uit eie wil uit die regering van nasionale regering moet bedank nie en eerder moet wag tot die ANC dit doen. Intussen sal leiers van die ANC na verwagting die naweek die spanning binne die regering van nasionale eenheid bespreek. Die verhouding tussen die ANC en die DA is vroeër die week tydens die parlement se debat en stemming oor die begrotingraamwerk getoets. Boonop het die DA dokumente by die Kaapstad-hooggeregshof ingedien om die stemming onwettig te laat verklaar. Die ANC-jeugliga het reeds gevra vir die verwydering van DA-ministers uit president Cyril Ramaphosa se kabinet.







Comments