top of page

Staatsinstellings speel ʼn rol in die verspreiding van onwettige vuurwapens

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 10
  • 1 min read

Fluitjieblasers se getuienis voor die parlementêre ad hoc-komitee oor polisiekorrupsie dui daarop dat staatsinstellings ’n rol speel in die verspreiding van onwettige vuurwapens. Dit, volgens AfriForum.


Dié organisasie verwys na getuienis deur ‘n voormalige amptenaar van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Patricia Mashale, oor beweerde korrupsie en verlore vuurwapens binne die polisie.


AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê hierdie onthullings vernietig die narratief waarop die regering staatmaak om strenger beperkings op private vuurwapenbesit te regverdig.


Hy sê AfriForum doen ’n beroep dat beoogde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer laat vaar word.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix


 
 
 

Comments


bottom of page