top of page

Starlink staak plaaslike werksaamhede ná Icasa-navraag

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 4
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaans gebore multi-miljardêr Elon Musk se internasionale internetdiensverskaffer, Starlink, het plaaslike werksaamhede gestaak. Dit nadat die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Kommunikasie-Owerheid (Icasa) tussen beide getree het.

Icasa-voorsitter Mothibi Ramusi het volgens iOL by Musk se maatskappy, SpaceX, navraag gedoen om duidelikheid te kry oor of die internasionale diensverskaffer sonder ‘n lisensie in Suid-Afrika opereer.

Starlink het nie om ‘n lisensie aansoek gedoen om in Suid-Afrika diens te verskaf nie, ten spyte daarvan dat hulle sê dit is Swart Ekonomiese Bemagtigingswette wat hulle verhoed om besigheid te doen.

Starlink is in ander Afrika-lande beskikbaar, maar die datum vir Suid-Afrika is onbekend.

 
 
 

Comments


bottom of page