top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Steenhuisen keur 'n beleid vir inenting teen voëlgriep goed

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 days ago
  • 1 min read

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het veranderinge aan regulasies goedgekeur om inenting teen hoogs patogene voëlgriep in Suid-Afrika se pluimveebedryf toe te laat. Die stap volg op kommer van pluimveeprodusente dat bestaande reëls die massa-uitdunning van voëls tydens uitbrekings afgedwing het.


Die nuwe raamwerk sal boere toelaat om inentings-, toets- en biosekuriteitsmaatreëls te gebruik om die siekte te beheer terwyl finansiële verliese verminder word.


Die minister se woordvoerder, Joylene Van Wyk, sê die beleid sal help om landbouwerkgeleenthede te beskerm, voedselsekerheid te ondersteun en ‘n volhoubare manier te bied om voëlgriep te bestry.


LUISTER HIER:


Joylene van Wyk

John Steenhuisen. FOTO: Facebook
John Steenhuisen. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page