Steenhuisen sê Trump se tariewe gaan nie oor die balansering van handel nie
- Armando Pieters

- Aug 13
- 1 min read
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê dit is nou duidelik dat tariewe van Amerika nie net oor die balansering van handel gaan nie.
Steenhuisen het die media ingelig oor die onlangse 30%-tarief wat Amerika op die meeste invoere uit Suid-Afrika ingestel het.
Volgens Netwerk24 beweer Steenhuisen dat ‘n nuwe era aan die kom is waarin tariewe gebruik word om kwessies te hanteer wat nie verband hou met handelsbekommernisse nie. Die minister sê lande sal by hierdie nuwe norm moet aanpas.
Steenhuisen sê Suid-Afrika bly daartoe verbind om sy handel te diversifiseer en na uitgebreide nuwe markte te kyk om dit vorentoe te onderhou.





Comments