Stralers bots in die lug weens vlieëniers wat foto’s neem
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 23
- 1 min read
Suid-Korea se Raad van Oudit en Inspeksie het bevind dat twee vegvliegtuie in 2021 in die lug gebots het omdat die vlieëniers foto’s en video’s geneem het.
Volgens die raad het die ongeluk plaasgevind terwyl die stralers op ’n vlugmissie in die sentrale stad Daegu was.
Die vlieëniers het sonder beserings oorleef, maar die botsing het die vliegtuie beskadig, wat die weermag meer as 880 miljoen won aan herstelwerk gekos het.
Een van die vlieëniers, wat sedertdien die weermag verlaat het, is met 88 miljoen won beboet, ongeveer ’n tiende van wat die lugmag aanvanklik geëis het.
Die raad het beslis dat die lugmag ’n mate van verantwoordelikheid vir die voorval moet dra omdat hulle nie vlieëniers se persoonlike gebruik van kameras behoorlik gereguleer het nie.








Comments