top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SUASS vra om verskoning ná die plundering in Bloemfontein

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 27
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Unie vir Spaza-winkels (SAUSS) het om verskoning gevra vir die plundering en geweld wat vroeër die week in dele van Bloemfontein uitgebreek het.


Die unie sê in ‘n mediaverklaring hulle is jammer oor die vrees, skade en verlies wat gemeenskappe en ondernemings ervaar het.


Hulle voeg by die onrus het ontstaan teen die agtergrond van frustrasie oor swak paaie, infrastruktuurprobleme, werkloosheid en dienslewering.


Die unie het ook aangekondig dat ’n ingrypingsprogram vir padinfrastruktuur vanaf Donderdag begin sal word.


’n Taakspan bestaande uit verteenwoordigers van die Mangaung-metro, die provinsiale regering en gemeenskapsorganisasies sal toesig hou oor die proses.


Die verklaring is saam met verskeie burgerlike organisasies en taxistrukture uitgereik.


Ter illustrasie. FOTO: Free State World
Ter illustrasie. FOTO: Free State World

 
 
 

Comments


bottom of page