top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Suid-Afrika se nasionale voël as ‘kwesbaar’ gelys

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 24, 2025
  • 1 min read

Suid-Afrika se nasionale voël, wat al vir jare op muntstukke, staatsdokumente en selfs amptelike embleme pryk, kan dalk in die komende dekades uit die land natuurlike landskap verdwyn. Maroela Media berig die bloukraanvoël is onlangs op die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur, se rooilys vir bedreigde spesies as “kwesbaar” opgeneem. Dit beteken dat dié simbool van nasionale trots nou ʼn wesenlike risiko loop om oor die mediumtermyn in die natuur uit te sterf. In ’n gesamentlike verklaring sê die Trust vir Bedreigde Natuurlewe en die Overberg-bloukraanvoëlgroep dat die dramatiese verandering in status “as ʼn ernstige waarskuwing moet dien”. Die kommerwekkende opgradering na ʼn hoërrisiko-kategorie is ʼn duidelike bewys dat die bloukraanvoël se toekoms onseker is, tensy hul bewaring ernstig opgeneem word.

 
 
 

Comments


bottom of page