top of page

Suid-Afrikaners terug van Oekraïne vrees vir hul veiligheid

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 27
  • 1 min read

’n Groep Suid-Afrikaanse mans wat onlangs uit die oorloggeteisterde Oekraïne teruggekeer het, sê hulle vrees nou vir hul veiligheid.


Die mans was deel van ’n groep van 15 wat glo na die streek gereis het onder die indruk dat hulle lyfwagopleiding in Rusland sou ontvang.


Ná hul terugkeer beweer hulle egter dat hul lewens moontlik in gevaar kan wees.


Hulle beskuldig intussen voormalige president Jacob Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, daarvan dat sy by hul werwing betrokke was.


Die MK-Party het enige betrokkenheid by die mans se reis ontken.


Duduzile Zuma-Sambudla. FOTO: BBC
Duduzile Zuma-Sambudla. FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page