SWEM: Pieter Coetzé wen sy derde medalje by die Wêreld swembyeenkoms in Sinpapoer
- Armando Pieters

- Aug 4
- 1 min read
Suid-Afrika se Olimpiese swemheld Pieter Coetzé het Sondag op die laaste dag van die Wêreldbyeenkoms sy derde medalje ingeryg toe hy tweede in die 50 m-rugslag geëindig het. Coetzé het die medalje bygevoeg by sy goue medalje in die 100-rugslag en en nog ’n silwer in die 200 m-rugslag. Suid-Afrika het altesaam vier medaljes op die byeenkoms ingesamel. Kaylene Corbett het die bronsmedalje in die 200 m-rugslag gewen. Beide Corbett en Coetzé word deur Rocco Meiring afgerig.





Comments