SWEM: S.A. se Olimpiese swemster Pieter Coetzé wen goud by die Wêreldbyeenkoms in Singapoer
- Armando Pieters

- Jul 30
- 1 min read
Suid-Afrika se Olimpiese ster Pieter Coetzè is die nuwe wêreldkampioen in die 100 m-rugslag nadat hy die goue medalje by die Wêreldbyeenkoms in Singapoer ingeryg het. Dié 21-jarige wat met die omdraaislag nog derde was het in die laaste 25 m ’n sterk aanslag geloods om eerste aan die kant te raak in ’n nuwe Afrika-rekord van 51.85 s. Die Pretorianer het ook die goue medalje by die onlangse Wêreld-studentespele in Duitsland behaal. Coetzé se spanmaat Chris Smith wat aan sy eerste wêreldbyeenkoms deelneem is deur slegs ses honderdstes van ’n sekonde deur die Nederlander Koen de Groot in die halfeind-dunne van die 50 m-borsslag geklop. Die 19-jarige Smith was ook algeheel die vyfde vinnigste in die twee halfeindrondes.





Comments