Talle sterf in 'n stormloop in Haïti
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 13
- 1 min read
Minstens 30 mense is dood in ‘n stormloop in die noordelike platteland van Haïti.
Die stormloop het plaasgevind by die Laferriere-sitadel, ‘n vesting uit die vroeë 19de eeu wat kort na Haïti se onafhanklikheid van Frankryk gebou is. Dit is een van Haïti se gewildste toeriste-aantreklikhede.
Dit was Sondag stampvol studente en besoekers wat deelgeneem het aan die jaarlikse viering van die Unesco-wêrelderfenisgebied.
Owerhede vrees dat die dodetal steeds kan styg.








Comments