top of page

TENNIS: 'n Nuwe Wimbledon-vrouekampioen gaan gekroon word na Krejciková se vertrek

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 7, 2025
  • 1 min read

’n Nuwe Wimbledon vrouekampioen gaan gekroon word nadat die verdedigende kampioen Barbora Krejciková in die derde ronde deur die 10de gekeurde Emma Navarro uitgeskakel is. Die telling was 2 – 6, 6 – 3 en 6 – 4. Krejciková het gelyk of sy met ’n besering sukkel en het in trane van  die baan af gestap. Sy het vanjaar ook in  net sewe wedstryde voor diè grasbaan-toernooi gespeel. Die eerste gekeurde Aryna Sabalenka het wel haar plek in die kwarteindronde vasgemaak en Elise Mertens in skoon stelle met 6 – 4 en 7 – 6 gestuit. In die mans afdeling  het die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz vir Andrey Rublev ook laat terugkeer huistoe met ’n oorwinning in vier stelle terwyl die vyfde gekeurde Taylor Fritz sy droom lewendig gehou het vir ’n eerste Wimbledon-titel toe Jordan Thompson in die middel van die tweede stel die handdoek moes ingooi.

 
 
 

Comments


bottom of page