TENNIS: Span Suid-Afrika klop Nigerië in Davis-beker kragmeting
- Armando Pieters

- Feb 4
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse mans tennisspan het hulle plek vasgemaak in ‘n Davis-beker groep twee wedstryd nadat hulle die afgelope naweek vir Nigerië met 3-1 geklop het. Sake was gelyk 1 - 1 na Saterdag se wedstryde by die Groenkloof Tennisklub in Pretoria met die Suid-Afrikaners wat uiteindelik met 3 - 1 kon seëvier na hulle die dubbelspel en enkelspel kon wen. Philip Henning en Alec Benkley het vir Canice en Michael Emmanuel met 6 - 0 en 6 - 3 geklop voor Henning weer in aksie was en terug geveg het om vir Cristopher Bulus met 6 - 7, 6 - 4 en 6 - 4 uit te stof. Span Suid-Afrika sal in September weer in aksie wees.





Comments