Trump ontvang Afrikaans-is-100 gedenkmunt
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 31, 2025
- 1 min read
’n Goue gedenkmunt ter viering van Afrikaans se 100ste jaar as amptelike taal is vir ’n rekordbedrag van R358 000 opgeveil. Boonop dit word munt nommer 47 aan die Amerikaanse president, Donald Trump, gestuur, wat volgens die organiseerders die munt se wêreldwye status verhoog. ‘n Sakeman van Pretoria, Arnold Coleske, het die eerste munt in ‘n reeks van 100 gedenkmunte as ’n erfstuk vir sy kinders gekoop. Dertig van 100 munte is reeds verkoop, met die res wat binnekort in Kaapstad opgeveil sal word. Luidens ‘n inskrywing op Afrikaans is Groot se Facebook-blad, sê Afrimunt se woordvoerder dit is nie net ’n munt nie – maar eerder ’n lewende huldeblyk aan ’n eeu van Afrikaanse kultuur. Hy sê die energie en aanvraag wat hulle tydens die eerste veiling gesien het, bewys dat hierdie versameling reeds ’n ikoon geword het.







Comments