top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Trump sê hy sal oorweeg om Iran weer te bom

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 28, 2025
  • 1 min read

President Donald Trump sê hy sal weer oorweeg om Iran te bom.

Hy het ook planne om sanksies te lig laat vaar.

SABC-news berig Trump het sterk gereageer teenoor Iranese leier, Ali Khamanei, se opmerkings ná ‘n 12-dae lange konflik met Israel, wat geïndig het toe Amerika Iran verlede week met bomme aangeval het.

Khamanei het glo gesê Iran het Amerika ‘n klap in die gesig gegee deur ‘n teenaanval in Katar van stapel te stuur, en hy het beweer Iran sal nooit oorgee nie.

Trump het volgens berigte gesê hy het Khamanei se lewe gered deur Israel se planne om hom dood te maak, teen te staan.

 
 
 

Comments


bottom of page