top of page

Twee 30-jarige vroue het glo hul kêrels vermoor

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 27, 2024
  • 1 min read

’n Vrou van 30 is in hegtenis geneem vir die beweerde moord op haar kêrel in Dark City, Phahameng, in Bloemfontein. Polisiewoordvoerder Mahlomola Kareli sê in ‘n mediaverklaring beamptes het inligting oor 'n moord ontvang en met hul aankoms by die huis het hulle op ‘n man wat een keer in die bors gesteek is, afgekom. Kareli sê verdere ondersoek het gelei tot die inhegtenisname van die man se meisie, wat in die huis gevind is. ’n Moontlike moordwapen is op die toneel gevind. Intussen is nog ‘n 30-jarige vrou in hegtenis geneem nadat sy glo ook haar kêrel in Bultfontein, sowat 100km van Bloemfontein, doodgesteek het. Die Bultfontein-polisie is na 'n moordtoneel by Lesedistraat ontbied, en die 28-jarige slagoffer is op die toneel dood verklaar. Dié verdagte sal na verwagting vandag in die Bultfontein-landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page