top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee is vas enkele ure ná 'n gewelddadige huisroof in die VS

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 14
  • 1 min read

Twee verdagtes is enkele ure ná ’n gewelddadige huisroof in Hertzogville in die Vrystaat in hegtenis geneem. 'n Gesteelde voertuig en kontant is ook terug gevind.


Sersant Mahlomola Kareli sê in 'n polisieverklaring die voorval het Maandag in die vroeë oggendure plaasgevind. Na bewering het die verdagtes ’n woning in Hertzogville bestorm, waar ’n slagoffer geskiet en gewond is, waarna hulle met ’n bedrag geld en ’n voertuig van die toneel gevlug het. Daar is ook aangedui dat ’n wegkomvoertuig tydens die misdaad gebruik is.


Die gesteelde motor is ongeveer 5km buite Bultfontein verlate opgespoor. Die wegkomvoertuig is ook opgemerk, en 'n agtervolging het gevolg. Die voertuig is suksesvol tussen Bultfontein en Soutpan onderskep. Die bestuurder is in hegtenis geneem, en kontant is in sy besit gevind.


Later die oggend op pad terug na Bloemfontein het die polisie 'n voetganger langs die R700 gesien, ongeveer 2km van waar die wegkomvoertuig onderskep is. Die verdagte het te voet in die rigting van Bultfontein probeer vlug, en ná ’n kort agtervolging is hy vasgetrek. Hy is glo ook in besit van kontant en bykomende items gevind.


Die verdagtes is in hegtenis geneem en staar aanklagte van huisroof, poging tot moord en besit van gesteelde eiendom in die gesig. Ondersoeke duur voort om te bepaal of die verdagtes met ander misdade in die provinsie verbind kan word.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page