Twee is vas ná 'n gewapende roof in die metro
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 11
- 1 min read
Twee verdagtes is ná ’n gewapende roof in die Pieter Swarts-omgewing naby Meadowsweg in Bloemfontein in hegtenis geneem.
Volgens 'n polisieverklaring het die Bloemfontein-duikeenheid Woensdag ’n noodoproep ontvang van 'n man wat beweer hy was deur ses onbekende mans omsingel en beroof. Drie van die verdagtes was met messe gewapen.
Die aanvallers het die slagoffer gedreig en hom van sy persoonlike besittings beroof, insluitend sy tekkies, rugsak en ’n langmou-hemp.
'n Soektog is van stapel gestuur en twee mans is vasgetrek. Die gesteelde eiendom is teruggevind, en 'n tuisgemaakte mes is by een van die verdagtes gekry.
Die twee sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en die besit van ’n gevaarlike wapen.








Comments