Twee kinders is dood ná skietvoorval in Bloemfontein

Nov 5
1 min read
Vier mense, waaronder twee kinders, is dood ná ’n skietvoorval in ’n huis in Grassland 2 in Bloemfontein.
Volgens polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane ondersoek die Bloemspruit-polisie die voorval as ’n gesinsgeweldverwante drievoudige moord en het ook ’n geregtelike doodsondersoek geopen.
Die liggame van ’n man, ’n vrou en ’n 15-jarige meisie is in die huis gevind. ’n Vierjarige seuntjie is deur paramedici na ’n hospitaal geneem, maar die polisie het later bevestig dat hy ook oorlede is.
Die man was ’n veiligheidsbeampte by die Bloemfonteinse landdroshof en het vroeër die oggend ’n maatskappyvuurwapen by sy werk uitgeneem.
Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.










Comments