top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee mans beroof ʼn vulstasie in Bloemfontein

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 16, 2024
  • 1 min read

Die polisie in Parkweg het ’n soektog na twee gewapende rowers wat ’n vulstasie in Hospitalpark, Bloemfontein beroof het, van stapel gestuur. Volgens ’n polisieverklaring het twee mans ’n geriefswinkel in Currielaan binnegegaan. Een verdagte het ’n blou oorpak met JoJo-drukwerk en ’n rooi hoed gedra, terwyl die ander ’n blou hemp, swart broek, blou masker en ’n hoed gedra het. Hulle het die personeel met ’n vuurwapen gedreig, sigarette en kontant gesteel en ’n kliënt agter die toonbank geslaan en beroof. Die verdagtes het te voet gevlug. Enigiemand met inligting kan speurkolonel Ben Bolsiek by Crime Stop kontak. Anonieme wenke kan ook via die MySAPSApp gestuur word.

 
 
 

Comments


bottom of page