Twee mans is in Bloemfontein in hegtenis geneem vir die besit van militêre toerusting
- Ilde Roos

- Oct 20
- 1 min read
Twee mans is in Universitas in Bloemfontein in hegtenis geneem vir die besit van gevaarlike militêre toerusting, vermoedelik gesteel van die De Brug Weermagbasis net buite die stad.
Nova News berig 'n beampte van 'n private sekruiteitsmaatskappy het die twee mans aangehou nadat lede van die gemeenskap hulle in Paul Kruger-laan gesien het waar hulle glo verdag opgetree het. Die wapens is in hul besit gevind.
Lede van die bom-eenheid het die mortierpatrone en vuurpenne beveilig terwyl die toerusting deur die weermagpolisie as hul eiendom bevestig is.
Nadere besonderhede oor die inhegtenisneming word nog verwag.






Comments