Twee verdagtes is vas vir die moord op ʼn vermeende dief in Ficksburg
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 26, 2025
- 1 min read
ʼn Man is op ʼn plaas in Ficksburg noodlottig gewond nadat hy glo goedere probeer steel het. Volgens adj. offisier Mmako Mophiring is die oorledene deur twee verdagtes betrap, toe hy drie sakke klere en kruideniersware van die plaasopstal gesteel het. Nuusflits berig hy het die deur van die huis oopgebreek om in te kom. Toe die verdagtes hom konfronteer, het hy na bewering met ʼn skêr na hulle toe gestorm. Die verdagtes het hom oorweldig en met ʼn knopkierie en stok aangerand. Nadat hy bewusteloos was, is die polisie ingeroep en die oorledene is op die toneel dood verklaar. Die verdagtes is vir moord in hegtenis geneem.







Comments