UV-navorsing vind hormoonversteurende chemikalieë in sanitêre produkte
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 17
- 1 min read
Navorsers van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het bevind dat gewilde sanitêre produkte moontlik hormoonversteurende chemikalieë bevat, selfs wanneer dit as “vry van skadelike chemikalieë” bemark word.
Luidens ‘n aanlynartikel toon die studie, gepubliseer in Science of the Total Environment, dat elke produk wat getoets is, minstens twee endokrien-versteurende stowwe bevat het.
Volgens prof. Deon Visser van die UV kan herhaalde, langtermynblootstelling kommer wek, aangesien dié produkte direk met slymvliesweefsel in aanraking kom.
Die navorsers vra groter deursigtigheid, beter regulering en duideliker etikettering van chemiese inhoud.







Comments